1 Chronicles 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En vir Heber is twee seuns gebore: die naam van die een was Peleg; want in sy dae was die aarde verdeel, en die naam van sy broer was Joktan.
Afrikaans (NLV) 2011
Heber het twee seuns gehad. Die naam van die een was Peleg — “verdeling” — want in sy dae het die aardbewoners in verskillende taalgroepe verdeel geraak. Sy broer se naam was Joktan.
Afrikaans 1933/1953
En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en sy broer se naam was Joktan.
Afrikaans 1983
Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vir Heber is twee seuns gebore. Die een se naam was Peleg, want in sy tyd het die aarde verdeeld geraak, en sy broer se naam was Joktan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Heber het twee seuns gehad. Die een seun se naam was Peleg. In die tyd toe Peleg gelewe het, het hulle die land verdeel. Peleg se broer was Joktan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vir Heber is twee seuns gebore. Die een was Peleg, want die land is in sy tyd verdeel. Sy broer was Joktan.