1 Chronicles 1:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Husam dood was, het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Gusam dood is, het Hadad seun van Bedad koning geword en in Awit regeer. Hy het die Midianiete se leër in die land Moab verslaan.
Afrikaans 1933/1953
En Husam het gesterwe, en Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, het in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit.
Afrikaans 1983
Na Gusam se dood is hy as koning opgevolg deur Hadad seun van Bedad, wat vir Midian in die gebied van Moab verslaan het. Sy stad se naam was Awit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gusam het gesterf, en Hadad, seun van Bedad, wat Midian in die gebied van Moab verslaan het, het koning geword in sy plek. Die naam van sy dorp was Awit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Gusam sterf, het Hadad, die seun van Bedad, koning geword. Hadad het die Midianiete oorwin in die land Moab. Sy stad se naam was Awit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Na Gusam se dood het Hadad, seun van Bedad, hom opgevolg. Hy het die Midianiete in die gebied van Moab verslaan. Sy stad se naam was Awit.