1 Chronicles 17:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy sal vir my 'n huis bou, en ek sal sy troon bevestig tot in ewigheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy is die een wat ’n huis, ’n tempel vir My sal bou. En Ek sal sy troon vir baie lank bevestig.
Afrikaans 1933/1953
Hy sal vir My 'n huis bou, en Ek sal sy troon bevestig tot in ewigheid.
Afrikaans 1983
Hy sal vir My 'n huis bou en Ek sal sy troon blywend vestig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy is die een wat vir My 'n huis sal bou, en Ek sal sy troon vir altyd laat vasstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hý sal vir My 'n tempel bou, en Ek sal hom baie lank laat regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit sal hy wees wat vir My ’n huis sal bou en Ek sal sorg dat sy koningskap vir altyd veilig is.