1 Chronicles 2:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daarna het Hesron ingegaan by die dogter van Magir, die vader van Gílead, met wie hy getrou het toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Gesron 60 jaar oud was, het hy met Gilead se suster, die dogter van Makir getrou. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad.
Afrikaans 1933/1953
Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.
Afrikaans 1983
Later het Gesron met 'n dogter van Makir, voorvader van Gilead, getrou. Gesron was toe sestig jaar oud, en sy vrou het Segub vir hom in die wêreld gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Later het Gesron met die dogter van Magir, die vader van Gilead, omgang gehad. Hy het haar as vrou geneem toe hy sestig jaar oud was. Sy het vir hom Segub in die wêreld gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Gesron het later gaan trou met 'n dogter van Makir. Makir was die voorvader van die mense van Gilead. Gesron was toe 60 jaar oud, en hy en hierdie vrou het 'n seun gehad, sy naam was Segub.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Gesron 60 was, is hy met Gilead se suster, ’n dogter van Makir, getroud. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad.