1 Chronicles 2:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het Gesur en Aram met die stede van Jaïr uit hulle geneem, met Kenat en sy onderhorige plekke, sestig stede. Dit alles het aan die seuns van Magir, die vader van Gílead, behoort.
Afrikaans (NLV) 2011
(Later het Gesur en Aram die dorpe van Jaïr, asook Kenat en sy 60 omliggende dorpies as buit geneem.) Hulle was almal afstammelinge van Makir, die pa van Gilead.
Afrikaans 1933/1953
En Gésur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.
Afrikaans 1983
Gesur en Aram het die tentdorpe van Jaïr verower saam met Kenat en sy buitedorpe, sestig dorpe in totaal. Hulle was almal seuns van Makir, vader van Gilead.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gesur en Aram het egter Gawwoot-Jaïr van hulle afgeneem, asook Kenat en die omliggende dorpies – sestig dorpe. Hulle almal was die nageslag van Magir, die vader van Gilead.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van die land Gesur en die land Aram het die dorpe van Jaïr vir hulleself gevat, en ook die dorp Kenat en die klein dorpies daar naby. Dit was 60 dorpe almal saam. Die mense van hierdie dorpe was almal van die nageslag van Makir, die voorvader van die mense van Gilead.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Later het Gesur en Aram die tentdorpe van Jaïr verower en ook vir Kenat met sy buitedorpe. Dit was 60 dorpe in totaal, wat voorheen aan die seuns van Makir, Gilead se pa, behoort het.