1 Chronicles 2:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nadat Hesron in Kalebefrata gesterf het, het Abía, die vrou van Hesron, vir hom Assur, die vader van Tekoa, gebaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Kort ná Gesron se dood in die stad Kaleb-Efrata het sy vrou Abia geboorte gegee aan ’n seun wat Asgur genoem is. Hy was die pa van Tekoa.
Afrikaans 1933/1953
En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.
Afrikaans 1983
Na Gesron se dood het Kaleb gemeenskap gehad met Efrata, 'n vrou van sy vader Gesron, en sy het vir hom Asgur, die vader van Tekoa, in die wêreld gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ná Gesron se dood in Kaleb-Efrata het Abia, Gesron se vrou, vir hom Asgur, die stigter van Tekoa, in die wêreld gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nadat Gesron gesterf het in die stad Kaleb Efrata, het Gesron se vrou Abija nog 'n seun gekry. Dit was Asgur, die voorvader van die mense van Tekoa.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Na Gesron se dood het Kaleb by sy pa se vrou Efrata geslaap en hulle het ’n seun, Asgur, gehad. Hy was Tekoa se pa.