1 Chronicles 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die seuns van Juda; Er en Onan en Sela; drie is vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese. En Er, die eersgeborene van Juda, was sleg in die oë van die HERE; en hy het hom gedood.
Afrikaans (NLV) 2011
Juda het drie seuns by Bat-Sua, ’n Kanaänitiese vrou, gehad. Hulle name was Er, Onan en Sela. Die oudste seun, Er, was ’n bose man in die oë van die Here en daarom het Hy hom doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953
Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.
Afrikaans 1983
Die seuns van Juda was Er, Onan en Sela, die drie wat vir hom gebore is uit sy Kanaänitiese vrou Bat-Sua. Er, Juda se oudste seun, het die Here mishaag en Hy het hom laat sterwe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Juda se seuns was Er, Onan en Sela; hierdie drie is vir hom gebore uit Bat-Sua, 'n Kanaänitiese vrou. Er, die eersgeborene van Juda, het hom sleg gedra in die oë van die Here, en Hy het hom laat sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Juda en sy Kanaänitiese vrou Bat-Sua het drie seuns gehad. Hulle name was Er, Onan en Sela. Die Here het kwaad geword vir die oudste seun, Er, en die Here het hom laat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Juda se seuns was Er, Onan en Sela. Hulle ma was Bat-Sua, ’n Kanaänitiese vrou. Juda se oudste seun, Er, was ’n slegte man en die Here het hom doodgemaak.