1 Chronicles 2:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die seuns van Kaleb, die broer van Jeragmeël, was Mesa, sy eersgeborene, wat die vader van Sif was; en die seuns van Marésa, die vader van Hebron.
Afrikaans (NLV) 2011
Die oudste seun van Kaleb, broer van Jeragmeël, was Mesa, die pa van Sif. Kaleb se tweede seun was Maresa, die pa van Hebron.
Afrikaans 1933/1953
En die seuns van Kaleb, die broer van Jerágmeël, was Mesa, sy eersgeborene--hy was die vader van Sif--en die seuns van Marésa, die vader van Hebron.
Afrikaans 1983
Die geslag van Kaleb, Jeragmeël se broer, was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was die vader van Sif, terwyl die seun van Maresa die vader van Hebron was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die nageslag van Kaleb, die broer van Jeragmeël, was Mesa, sy eersgeborene; hy was die stigter van •Sif; die nageslag van Maresa was die stigters van Hebron.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hier is die name van die nageslag van Jeragmeël se broer Kaleb: Sy oudste seun was Mesa, hy was die voorvader van die mense van Sif. Die mense van Maresa was die voorouers van die mense van die stad Hebron.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kaleb, Jeragmeël se broer, se nageslag was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was Sif se pa, en Maresa, sy tweede seun was Hebron se pa.