1 Chronicles 2:55 — Compare Translations

6 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die geslagte van die skrifgeleerdes wat in Jabes gewoon het; die Tireatiete, die Simeatiete en Sugatiete. Dit is die Keniete wat uit Hemat gekom het, die vader van die huis van Regab.
Afrikaans (NLV) 2011
en die families van die skrywers wat in Jabes gewoon het, die Tirateërs, die Simateërs en die Sukateërs. Hulle was almal Keniete wat van Gammat, die pa van die familie van Rekab, afgestam het.
Afrikaans 1933/1953
En die geslagte van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is die Keniete wat van Hammat, die vader van die huis van Regab, afkomstig is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en die volgende skrywerfamilies wat in Jabes gewoon het: die mense van Tira, Sema en Suga. Hulle is die Keniete wat van Gamma, die stigter van die Regab-beweging, afstam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die skrywersfamilies het in Jabes gewoon. Hulle was die families Tira, Sima en Soka. Hulle was Keniete, die nageslag van Gammat. Gammat was ook die voorvader van die Rekab-familie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
en die skrywersfamilies wat in Jabes woon, naamlik die Tirateërs, Simeateërs en Sukateërs. Hulle is die Keniete wat van Gammat afstam. Hy was die vader van die Rekabfamilie.