1 Chronicles 23:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Waarvan vier-en-twintigduisend moes die werk van die huis van die HERE voortsit; en sesduisend was beamptes en regters;
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het Dawid gesê: “Van hulle moet 24 000 toesig hou oor die werk by die tempel van die Here. En 6 000 moet as amptenare en regters werk.
Afrikaans 1933/1953
Van hulle moet vier en twintig duisend toesig hou oor die werk in die huis van die HERE en ses duisend opsigters en regters wees;
Afrikaans 1983
Van hulle moes vier en twintig duisend sorg dra vir die werksaamhede in die huis van die Here, en ses duisend die orde en regspraak behartig;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Van hierdie groep,” het Dawid gesê, “moet vier-en-twintigduisend toesig hou oor die werk aan die huis van die Here; sesduisend is opsieners en regters;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Van daardie Leviete moes 24 000 die werk in die tempel doen, en 6 000 moes voormanne en regters wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van hulle moes 24 000 in die huis van die Here werk en 6 000 die orde en regspraak behartig;