1 Chronicles 5:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die kinders van Gad het teenoor hulle gewoon in die land Basan tot by Salga.
Afrikaans (NLV) 2011
Oorkant die Rubeniete in die land Basan het die afstammelinge van Gad gebly, tot so ver oos as Salka.
Afrikaans 1933/1953
En die seuns van Gad het teenoor hulle in die land Basan gewoon tot by Salka.
Afrikaans 1983
Teenoor die Rubeniete het die Gadiete in Basan gewoon, tot by Salka.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die nageslag van Gad het aangrensend aan hulle gewoon in die land Basan, tot by Salga.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Gad-stam het langs die Ruben-stam gewoon, hulle het gewoon in die land Basan tot by Salka.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die afstammelinge van Gad het langs die Rubeniete in Basan gewoon. Hulle het tot so ver oos as Salka gewoon.