1 Corinthians 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want dit is aan my van julle verkondig, my broers, deur die wat uit die huis van Chloë is, dat daar twis onder julle is.
Afrikaans (NLV) 2011
Lede van die huisgesin van Chloë het aan my vertel, my broers en susters, dat daar allerlei struwelinge onder julle voorkom.
Afrikaans 1933/1953
Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is.
Afrikaans 1983
Ek sê dit, my broers, omdat van Chloë se mense my vertel het dat daar onenigheid onder julle is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My broers, ek is deur Chloë se mense ingelig dat daar twiste onder julle is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vriende, Chloë se mense het vir my vertel dat julle met mekaar stry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek noem dit omdat van Chloë se familie hier by my aangekom en vertel het dat julle so onder mekaar baklei.