1 Corinthians 1:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar uit Hom is julle in Christus Jesus, wat uit God vir ons gemaak is wysheid en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus Jesus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vrygespreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het.
Afrikaans 1933/1953
Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
Afrikaans 1983
Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons die wysheid geword het wat van God kom, regverdiging sowel as heiliging en bevryding.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is God wat julle nou naby Christus Jesus gebring het. Ja, as ons in Christus Jesus glo, dan sien ons die wysheid van God, ons sien dat Hy ons nie meer straf nie, dat Hy ons aan Hom wy en dat Hy ons vrymaak van die sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God en God alleen het dit vir julle moontlik gemaak om Christus Jesus te leer ken. Jesus is die Een deur wie ons kan sien watter slim planne God gemaak het: deur Hom word ons saak met God reggemaak, word ons mense wat geheel en al net vir God leef. Ja, Hy is die Een deur wie God ons sy vriende maak.