1 Corinthians 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap van sy Seun, Jesus Christus, onse Here.
Afrikaans (NLV) 2011
God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. Dit is tog Hý wat julle geroep het om in hierdie wonderlike persoonlike verhouding met sy Seun, Jesus Christus ons Here, te deel.
Afrikaans 1933/1953
God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.
Afrikaans 1983
God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God sal doen wat Hy belowe het. Hy het julle gekies om saam met sy Seun, ons Here Jesus Christus, te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle kan God vertrou, want Hy doen altyd wat Hy beloof. Hy self het julle uitgenooi om Jesus Christus, ons Here, se goeie vriende te word.