1 Corinthians 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek, broeders, toe ek na julle gekom het, het ek nie met voortreflike spraak of wysheid gekom en aan julle die getuienis van God verkondig nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie ’n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie.
Afrikaans 1933/1953
En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie,
Afrikaans 1983
Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het om die geheimnisvolle waarheid van God aan julle te verkondig, het ek nie met hoë woorde of groot geleerdheid gekom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat my betref, broers, toe ek na julle toe gekom het, het ek nie gekom om met verhewe woorde of wysheid God se geheimenis aan julle te verkondig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vriende, ek het na julle toe gekom om vir julle te vertel van die dinge van God, dinge waarvan julle niks geweet het nie. Ek het toe nie moeilike woorde gebruik of gemaak of ek baie slim is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe vriende, onthou julle nog toe ek die eerste maal daar by julle aangekom het? Toe ek julle van God se wonderlike planne kom vertel het, het ek nie met lang stories wat mooi klink of ingewikkelde redenasies gekom nie.