1 Corinthians 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar ons ken hierdie geheim omdat God dit deur sy Gees aan ons bekendgemaak het. Want die Gees deurvors alle dinge, ook God se diepste geheime.
Afrikaans 1933/1953
Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
Afrikaans 1983
Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar aan ons het God dit deur die Gees geopenbaar; want die Gees ondersoek alles, ook die dieptes van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het die Heilige Gees gestuur om hierdie plan vir ons te wys. Die Gees vind alles uit oor alle dinge, ook oor die dinge van God waarvan niemand weet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons weet nie hierdie dinge sommer vanself nie. God het dit vir ons met behulp van sy Gees kom verduidelik. Die Heilige Gees weet alles, tot alles wat in God se diepste gedagtes aangaan.