1 Corinthians 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want watter mens weet die dinge van 'n mens, behalwe die gees van die mens wat in hom is? net so ken die dinge van God niemand nie, behalwe die Gees van God.
Afrikaans (NLV) 2011
Niemand sal ooit die diepste gedagtes van ’n mens ken nie, behalwe daardie persoon se eie gees. Net so kan niemand God se diepste geheime ken nie, behalwe die Gees van God.
Afrikaans 1933/1953
Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.
Afrikaans 1983
Watter mens ken die verborge dinge van 'n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want watter mens ken die dieptes van 'n mens, behalwe sy eie gees in hom? Net so ken niemand die dieptes van God nie, behalwe die Gees van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wie ken die dinge wat 'n mens dink? Net die gees van die mens ken dit. Dit is ook so by God: Niemand ken die dinge wat God dink nie, net God se Gees ken dit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is net soos met ’n mens. Niemand weet wat binne-in jou omgaan behalwe jou gees nie. Net so weet niemand wat binne-in God omgaan behalwe God se Gees nie.