1 Corinthians 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nou het ons nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die gees wat uit God is; sodat ons kan weet wat die dinge van God aan ons gegee is.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons het die Gees ontvang wat van God uitgaan — nie dié van die wêreld nie — sodat ons kan besef watter wonderlike geskenke God aan ons gegee het.
Afrikaans 1933/1953
Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.
Afrikaans 1983
Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons het tog nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat van God kom, sodat ons kan weet wat God genadiglik aan ons geskenk het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar óns verstaan die dinge wat God vir ons gegee het. Hy het dit gegee omdat Hy genadig is vir ons. Ons verstaan dit omdat God vir ons sý Gees gegee het, nie die gees van die wêreld nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Juis hierdie Gees het God vir ons gegee. Hy het nie sommer ’n gewone gees vir ons gegee wat niks van Hom af weet nie. Omdat ons God se Gees in ons het, kan ons presies begryp wat God so onverdiend vir ons gegee het. Die Gees vertel ons immers daarvan.