1 Corinthians 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat ons ook spreek, nie in die woorde wat die wysheid van die mens leer nie, maar wat die Heilige Gees leer; geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Afrikaans (NLV) 2011
As ons hierdie dinge aan julle vertel, gebruik ons nie woorde wat hulle oorsprong het in menslike slimmigheid nie, maar wat hulle oorsprong het by die Gees. Ons gebruik woorde wat van die Gees kom om geestelike waarhede te verduidelik.
Afrikaans 1933/1953
Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Afrikaans 1983
Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer. So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons praat ook oor hierdie dinge, nie met woorde wat menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer, terwyl ons geestelike dinge met geestelike dinge beoordeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer ons oor die dinge van God praat, dan gebruik ons nie woorde wat slim mense vir ons geleer het nie, ons gebruik woorde wat God se Gees vir ons geleer het. En so verduidelik ons geestelike dinge vir mense wat die geestelike dinge kan verstaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons vertel julle dus nie allerhande slimmighede wat ons by ander mense gehoor of in boeke gelees het nie. Wat ons julle vertel, het ons by die Gees self geleer. Dit is God se geestelike boodskap.