1 Corinthians 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy wat geestelik is, beoordeel alle dinge, maar self word hy deur niemand geoordeel nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons in wie die Gees is, verstaan al hierdie dinge, maar ander kan ons glad nie verstaan nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.
Afrikaans 1983
Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die geestelike mens beoordeel egter alle dinge, hoewel hyself deur niemand beoordeel kan word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Iemand wat lewe soos die Gees van God wil hê, kan oor enige iets sê of dit reg of verkeerd is. Maar niemand anders kan sê of iemand wat lewe soos die Gees van God wil hê, reg of verkeerd is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Iemand wat die Heilige Gees in sy lewe het, sal weet wat om van al hierdie dinge te dink. Hy sal geestelik sensitief wees, al sal die ongelowige mense hom nie verstaan nie.