1 Corinthians 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want wie het die gedagtes van die Here geken, dat Hy hom kan onderrig? Maar ons het die denke van Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
Hoe kan hulle ook? Want: “Wie kan verstaan wat die Here dink? Wie kan Hom raad gee?” Óns kan hierdie dinge egter verstaan, want ons is ingestel om soos Christus te dink.
Afrikaans 1933/1953
Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
Afrikaans 1983
Daar staan geskrywe: “Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal Hom raad gee?” Maar ons, ons het die Gees van Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Want wie het die gedagte van die Here geken, om vir Hom te kan voorskryf?” Wat ons betref, ons het die denkwyse van •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
In die Ou Testament is geskryf: Niemand kan verstaan wat die Here dink nie, niemand kan vir Hom sê wat Hy moet doen nie. Maar ons, ons verstaan wat Christus dink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Skrif sê mos: “Wie weet wat binne-in die Here omgaan sodat hy vir Hom kan sê wat om te doen?” Ons wat sy Gees het, ken Jesus deur en deur.