1 Corinthians 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En my toespraak en my prediking was nie met aanloklike woorde van menslike wysheid nie, maar in die demonstrasie van die Gees en van krag.
Afrikaans (NLV) 2011
My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het.
Afrikaans 1933/1953
en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,
Afrikaans 1983
Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My lering en my verkondiging het nie berus op oorredende woorde van wysheid nie, maar op bewyse van die Gees en van krag,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe ek vir julle geleer het en vertel het van Christus, het ek nie slim woorde gebruik sodat julle my moet glo nie. Nee, die Gees van God het sterk in my gewerk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ja, my boodskap was eenvoudig. Dit was nie ’n klomp hoë woorde wat ’n mens se kop laat draai of so geleerd klink dat jy maar net ja en amen sê nie. In plaas daarvan om na slim argumente te luister kon mense eerder sien hoe kragtig die Gees van God werk.