1 Corinthians 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat julle geloof nie in die wysheid van mense moet bestaan nie, maar in die krag van God.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God.
Afrikaans 1933/1953
sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.
Afrikaans 1983
Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
sodat julle geloof nie op die wysheid van mense berus nie, maar op die krag van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom glo julle, maar nie omdat iemand slim woorde gebruik het sodat julle moet dink hy is wonderlik nie. Julle glo omdat julle gesien het hoe sterk God se krag gewerk het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle vertroue op God en sy boodskap staan dus nie op die wankelrige pilare van mense se slim idees nie, maar dit staan vierkant op die krag van God.