1 Corinthians 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ons spreek wysheid onder die volmaaktes, maar nie die wysheid van hierdie wêreld of van die vorste van hierdie wêreld wat tot niet gaan nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Ja, wanneer ek onder geestelik volwassenes is, gebruik ek wel woorde van wysheid, maar dan ook nie die soort wysheid wat eie is aan hierdie wêreld of aan die heersers van hierdie wêreld wat self tot die verlede sal behoort nie.
Afrikaans 1933/1953
Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar 'n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.
Afrikaans 1983
Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vir diegene wat volwasse is in geloof, is wat ons sê, wel wysheid – nie die wysheid van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers nie. Hulle gaan in elk geval tot niet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat God se planne verstaan, weet dat die dinge wat ons sê, baie verstandig is. Maar onthou, ons praat van dinge wat die mense van hierdie wêreld en die mense wat oor die wêreld regeer, nie verstaan nie. Die tyd van die leiers van die wêreld is amper verby.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek praat met julle oor baie diep dinge wat julle lewe diep beïnvloed. Net mense wat daarvoor ryp is, kan dit regtig verstaan. Dit is nie populêre dinge of dinge wat die belangrike mense baie beïndruk nie. Hierdie mense leef in elk geval maar net ’n rukkie en dan gaan hulle manier van lewe saam met hulle dood.