1 Corinthians 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ons spreek die wysheid van God in 'n verborgenheid, ja, die verborge wysheid wat God voor die wêreld verordineer het tot ons eer:
Afrikaans (NLV) 2011
Nee, die wysheid waarvan ons praat, is die diepsinnige wysheid van God wat voorheen geheim gehou is, wat God van ewigheid af daargestel het sodat ons die heerlikheid kan ontvang.
Afrikaans 1933/1953
Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,
Afrikaans 1983
Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons praat egter van God se wysheid wat in 'n misterie gehul was, maar wat Hy voor alle tye vir ons heerlikheid bestem het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons vertel vir julle van God se plan. Niemand het iets daarvan geweet nie, net God het daarvan geweet. Voordat God die wêreld gemaak het, het Hy begin om sy plan gereed te maak sodat ons eendag saam met Hom kan wees waar Hy Koning is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nee, die boodskap wat ek bring, is dit wat regtig waar en reg is. Dit is soos God bedoel het ons lewe moet wees. Niemand het mooi besef presies hoe dit sou wees nie, want God het dit geheim gehou tot nou toe. Nog voor die wêreld geskape is, het Hy al hierdie dinge spesiaal net vir ons reggemaak.