1 Corinthians 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat geeneen van die vorste van hierdie wêreld geken het nie, want as hulle dit geweet het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die heersers van hierdie wêreld het dit nie begryp nie. As hulle dit wel begryp het, sou hulle nooit ons Here aan wie die heerlikheid behoort, gekruisig het nie.
Afrikaans 1933/1953
wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie -- want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie --
Afrikaans 1983
Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en wat nie een van die heersers van hierdie wêreld geken het nie; want as hulle het, sou hulle nie die Here van heerlikheid gekruisig het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nie een van die wêreld se leiers het hierdie plan geken nie. As hulle dit geken het, dan sou hulle nie die Here gekruisig het nie, die Here wat Koning is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nie een van die leiers van hierdie wêreld het ’n idee waaroor God se planne gaan nie. As hulle ’n idee gehad het, sou hulle nie die Here wat soveel goddelikheid uitgestraal het, aan ’n kruis vasgeslaan het om daar te sterf nie.