1 Corinthians 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar soos geskrywe is: Die oog het nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is wat die Skrif bedoel met die woorde: “Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie — dit het God voorberei vir hulle wat Hom liefhet.”
Afrikaans 1933/1953
maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
Afrikaans 1983
Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar soos daar geskryf staan: “Wat die oog nie gesien het, die oor nie gehoor het, en in die hart van 'n mens nie opgekom het nie – dit het God voorberei vir diegene wat Hom liefhet.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die woorde in die Ou Testament is waar. Daar is geskryf: God het iets gereedgemaak. Niemand het dit gesien nie, niemand het daarvan gehoor nie, en niemand het daaraan gedink nie. Hy het dit gereedgemaak vir die mense wat lief is vir Hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is mos geskryf: “Niemand het nog ooit so iets gesien of gehoor nie. In sy wildste drome kon niemand nog ooit homself so iets voorstel nie. Ek praat van al die dinge wat God reggemaak het vir die mense wat Hom liefhet.”