1 Corinthians 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het geplant, Apollos het natgemaak; maar God het die verhoging gegee.
Afrikaans (NLV) 2011
My werk was om die saad te plant. Apollos moes dit natgooi. Maar God het laat groei.
Afrikaans 1933/1953
Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.
Afrikaans 1983
Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God het laat groei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het die saad van die boodskap van God geplant en Apollos het dit natgegooi, maar dit is God wat dit laat groei het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het die saad van die evangelie in julle hart geplant en Apollos het dit nat gehou, maar dit was God wat gesorg het dat daardie saad groei.