1 Corinthians 7:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ek spreek dit met toestemming en nie uit gebod nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek gee vir julle my mening hieroor; ek bedoel dit nie as ’n absolute reël nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.
Afrikaans 1983
Dit sê ek as 'n tegemoetkoming, nie as 'n bevel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit sê ek as toegewing, nie as voorskrif nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar onthou, ek sê net julle kán ophou om seks te hê wanneer julle meer wil bid, ek sê nie julle móét ophou om seks te hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is nie besig om julle te beveel wat om te doen nie. Dit is maar net goeie raad.