1 John 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As ons sê dat ons nie gesondig het nie, maak ons hom tot 'n leuenaar, en sy woord is nie in ons nie.
Afrikaans (NLV) 2011
As ons beweer dat ons tot nou toe nie gesondig het nie, maak ons Hom tot ’n leuenaar. Dit beteken ook dat sy woord nie in ons lewe plek gekry het nie.
Afrikaans 1933/1953
As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
Afrikaans 1983
As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As ons sê dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As ons sê ons het nie sonde gedoen nie, dan beteken dit ons sê dat God lieg. Dan aanvaar ons nie wat God vir ons sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dan is daar nog van ons wat wil beweer dat ons nie foute maak of sonde doen nie. Verbeel jou! Deur dit te sê maak hulle van niemand anders nie as God self ’n leuenaar! Húlle verstaan nou regtig niks van God se boodskap nie.