1 John 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
(Want die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en toon aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is;)
Afrikaans (NLV) 2011
Dié lewe het sigbaar verskyn en ons het dit gesien en getuig daarvan en deel dit aan julle mee — dit is die ewige lewe wat by die Vader was, maar nou aan ons bekendgemaak is.
Afrikaans 1933/1953
en die lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig en verkondig aan julle die ewige lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is --
Afrikaans 1983
Die Lewe het gekom; ons het Hom gesien en is getuie daarvan, en ons verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons geopenbaar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dié lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig daarvan, en verkondig aan julle die ewige lewe, wat by die Vader was, en aan ons geopenbaar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus Christus wat vir ons ware lewe gee, het 'n mens geword. Ons het Hom gesien en ons vertel vir julle en sê Jesus is self die ewige lewe. Hy was by die Vader, maar Hy het 'n mens geword by ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar wie is hierdie Jesus van wie ons praat? Dit gaan oor die Een wat ons kom vertel het waar om die ewige lewe te kry. Hy self het die ewige lewe. Daarom kan ons Hom “Lewe” noem. Die “Lewe” het na ons toe gekom. Ons het Hom goed dopgehou. Wat ons gesien het, het ons oortuig dat Jesus nie alleen die ewige lewe het nie, maar dit ook vir ons kan en wil gee. Omdat niemand so naby die hemelse Vader staan as juis Hy nie, kan Hy dit doen.