1 John 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook met ons gemeenskap kan hê; en waarlik, ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons deel julle mee wat ons gesien en gehoor het sodat julle ook saam met ons daarin kan deel. Ons het saam deel aan die Vader en die Seun, Jesus Christus.
Afrikaans 1933/1953
wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.
Afrikaans 1983
Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons ook aan julle, sodat ook julle aan ons verbonde kan wees. En ons verbondenheid is aan die Vader en aan sy Seun Jesus •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons het Hom gesien en ons het gehoor wat Hy sê, en ons vertel ook vir julle van Hom sodat julle en ons aan mekaar kan behoort. Dan behoort ons saam aan die Vader en sy Seun, Jesus Christus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat ons gesien en gehoor het, het ons so beïndruk dat ons julle eenvoudig daarvan moet vertel. Julle weet mos van die geestelike familie van die hemelse Vader en sy Seun, Jesus Christus. Ons behoort nou aan daardie familie. Ons wil so graag hê dat julle ook deel daarvan moet word.