1 John 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is dan die boodskap wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig dat God lig is en geen duisternis in Hom is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is dan die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle meedeel: God is lig en daar is hoegenaamd geen duisternis in Hom nie.
Afrikaans 1933/1953
En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
Afrikaans 1983
Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is die boodskap wat ons van Hom gehoor het, en wat ons aan julle bekend maak: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons vertel vir julle wat ons by Jesus gehoor het. Hy het gesê God is lig en daar is niks donker in Hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus het vir ons belangrike dinge kom sê. Ons het mooi na Hom geluister. Wat Hy vir ons gesê het, vertel ons nou weer vir julle. God kan vergelyk word met die lig wat skyn. Soos die lig die duisternis verdryf, so verdryf die teenwoordigheid van God die Bose heeltemal.