1 John 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, lieg ons en doen nie die waarheid nie.
Afrikaans (NLV) 2011
As ons dan sê dat ons deel het aan Hom, maar in geestelike duisternis leef, lieg ons. Ons optrede weerspieël nie die waarheid nie.
Afrikaans 1933/1953
As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
Afrikaans 1983
As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As ons sê dat ons aan Hom verbonde is, en tog in die duisternis leef, lieg ons, en leef ons nie volgens die waarheid nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As ons sê ons behoort aan God, maar ons lewe in die donker, nie in die lig van God nie, dan lieg ons en dan doen ons nie wat God wil hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hou dit nou in gedagte vir die volgende vraag: As ons rondvertel dat ons deel van God se intieme familie is, maar ons dade verklap die teenoorgestelde, wat maak dit van ons? Dit maak van ons skaamtelose leuenaars! Dit is soos mense wat sê hulle hou net van die lig, maar as jy hulle soek, sit hulle in die donker. So weerspieël ons mos nie die waarheid en egtheid wat eie aan ’n kind van God die Almagtige is nie.