1 John 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar as ons in die lig wandel, soos Hy in die lig is, het ons gemeenskap met mekaar, en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
Afrikaans (NLV) 2011
As ons optrede egter van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van elke sonde.
Afrikaans 1933/1953
Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
Afrikaans 1983
Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar as ons in die lig leef, soos wat Hy in die lig is, is ons aan mekaar verbonde, en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar as ons in die lig lewe, soos God in die lig is, dan behoort ons aan mekaar. Dan reinig die bloed van Jesus, die Seun van God, ons van al ons sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons is alleen deel van hierdie hegte familie van God as ons optrede presies is soos God dit van ons verwag. Maar wat nou daarvan as ons iets doen waarvan God nie hou nie? vra jy dalk. Wel, dit is juis God se Seun, Jesus, se offerbloed wat ons geestelik silwerskoon was - daar bly nie een sonde oor nie! Dit beteken dat ons rein voor God kan staan.