1 John 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Afrikaans (NLV) 2011
As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.
Afrikaans 1933/1953
As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Afrikaans 1983
Maar as ons ons sondes bely — Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar as ons bely dat ons sonde gedoen het, dan kan ons seker wees dat God sal doen wat Hy belowe het en dat Hy regverdig is. Ja, Hy vergewe ons sondes en Hy reinig ons van alles wat ons verkeerd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As ons egter voor God erken dat ons foute gemaak het en nooit weer dieselfde foute wil maak nie, sal God van sy kant af heeltemal van ons sondes vergeet. Hy sal ons ook geestelik skoon was van alles waarvan Hy nie hou nie. Glo dit maar, want God bly getrou aan sy beloftes en doen wat reg is.