1 John 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy wat sy broer haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, want daardie duisternis het sy oë verblind.
Afrikaans (NLV) 2011
Wie egter ’n medegelowige haat, is nog in die duisternis en leef in ’n noue verbintenis met die duisternis. Sulke persone besef nie waarheen hulle op pad is nie omdat die duisternis hulle oë verblind het.
Afrikaans 1933/1953
Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.
Afrikaans 1983
Maar wie sy broer haat, is in die duisternis en lewe in die duisternis en weet nie waar hy gaan uitkom nie, omdat die duisternis hom blind gemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar wie sy broer haat, is in die duisternis, en wandel in die duisternis, en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë blind gemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As mense ander gelowiges haat, dan lewe hulle in die donker. Hulle is soos mense wat in die donker loop en nie weet waarnatoe hulle gaan nie, want die donker maak hulle blind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
die persoon wat niks omgee vir sy medemens nie - al is sy woorde hoe godsdienstig en vroom - leef steeds in die duisternis. Hy is soos iemand wat in die donker voortstrompel. Hy het geen idee waarheen hy op pad is of waar hy gaan uitkom nie. Omdat dit so donker is, loop hy soos ’n blinde man rond. Daarteenoor leef die persoon wat sy broer of suster liefhet, voortdurend in die lig. Juis daarom struikel hy ook nie sommer nie.