1 John 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want alles wat in die wêreld is, die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die trots van die lewe, is nie van die Vader nie, maar is uit die wêreld.
Afrikaans (NLV) 2011
Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die vals roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld.
Afrikaans 1933/1953
Want alles wat in die wêreld is -- die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe -- is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
Afrikaans 1983
Die wêreldse dinge — alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit — kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want alles in die wêreld – dit wat die liggaam begeer, en dit wat die oë begeer, arrogante spoggery oor besittings – is nie uit die Vader nie, maar uit die wêreld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van die wêreld doen graag slegte dinge, hulle wil alles hê wat hulle sien, hulle is hoogmoedig oor wat hulle doen. Dit alles kom van die wêreld, dit kom nie van die Vader nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Met wêreldse dinge bedoel ek dít: dit is begeertes wat deur menslike en wêreldse belange aangeblaas word sonder om met God rekening te hou; dit is om alles wat jou oë sien vir jouself te wil hê, en dit is om heeltyd net met jouself en dit wat jy het te spog. Dié dinge kom nie van die Vader af nie. Dit borrel op uit die fontein van die wêreld. Maar onthou dit: die aardse dinge is net tydelik. Daarom is al die begeertes daarna ook maar net ’n gejaag na wind.