1 John 2:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou, kinders, bly in Hom; sodat ons, wanneer Hy verskyn, vrymoedigheid kan hê en nie beskaamd staan voor Hom by sy koms nie.
Afrikaans (NLV) 2011
En nou, kinders, leef in ’n hegte verhouding met Hom sodat, wanneer Hy ook al verskyn, ons die vrymoedigheid kan hê om nie beskaamd te staan by sy koms nie.
Afrikaans 1933/1953
En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.
Afrikaans 1983
En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En nou, kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn, en nie met sy wederkoms deur Hom in die skande gestel word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vriende, julle moet by Jesus bly. Dan, wanneer Jesus weer kom, sal ons nie bang wees nie, ons sal nie wil wegvlug van Hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe kinders, konsentreer nou daarop om baie naby aan Jesus te bly leef. Julle vra waarom. Wanneer Jesus sigbaar terugkom, sal julle dan nie so skaam hoef te voel dat julle wil weghardloop nie. Nie kop onderstebo nie, maar met oop arms sal julle Hom dan kan verwelkom.