1 John 2:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As julle weet dat hy regverdig is, weet julle dat elkeen wat geregtigheid doen, uit hom gebore is.
Afrikaans (NLV) 2011
As julle dan met die wete leef dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat reg leef, deur Hom verwek is.
Afrikaans 1933/1953
As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.
Afrikaans 1983
Aangesien julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat regverdig lewe, 'n kind van God is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat doen wat reg is, uit Hom gebore is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle weet dat Jesus altyd gehoorsaam is aan God. Daarom moet julle ook onthou: Almal wat lewe soos God wil hê, is kinders van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle weet mos dat Jesus se verhouding met God in elke opsig foutloos is. In alles wat Hy doen, tree Hy reg op. Dít is vir julle die toets: elkeen wat so volgens God se wil reg optree, is ’n ware kind van God.