1 John 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy wat sê: Ek ken hom en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
As iemand sê: “Ek leef in ’n persoonlike verhouding met God,” maar nie sy opdragte gehoorsaam nie, voer só ’n persoon ’n leuenlewe en het die waarheid nie plek in sy lewe nie.
Afrikaans 1933/1953
Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
Afrikaans 1983
Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Iemand wat sê, “Ek ken Hom,” maar sy gebooie nie onderhou nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As mense sê hulle ken God, maar hulle doen nie wat Hy sê hulle moet doen nie, dan lieg hulle en hulle aanvaar nie die waarheid nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarteenoor is iemand wat beweer: “Ek ken Hom baie goed,” maar nie doen wat Jesus vra nie, natuurlik ’n leuenaar. So iemand kan nie eens “waarheid” spel nie.