1 John 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword; hieraan weet ons dat ons in hom is.
Afrikaans (NLV) 2011
Wie egter sy woord gehoorsaam, in só ’n persoon se lewe het die liefde vir God regtig sy doel bereik. Daardeur weet ons ook dat ons baie nou aan Hom verbind is.
Afrikaans 1933/1953
Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.
Afrikaans 1983
Wie sy woord egter gehoorsaam — in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar wie sy woorde gehoorsaam – in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword, en hieruit weet ons dat ons in Hom is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar as mense doen wat God vir hulle sê, dan kan 'n mens sien dat hulle regtig baie lief is vir God. As ons só lewe, dan weet ons dat ons by God is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die liefde wat God gee, blom en bloei juis in hom wat gehoorsaam luister na wat Jesus wil hê.