1 John 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Broeders, ek skryf geen nuwe gebod aan julle nie, maar 'n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het.
Afrikaans (NLV) 2011
Geliefdes, ek stuur nie aan julle ’n nuwe opdrag nie, maar ’n ou een wat julle nog altyd gehad het. Dié ou opdrag is die boodskap wat julle reeds lankal gehoor het.
Afrikaans 1933/1953
Broeders, dit is geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar 'n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het.
Afrikaans 1983
Geliefdes, dit is nie 'n nuwe gebod wat ek aan julle voorskrywe nie, maar 'n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die boodskap wat julle gehoor het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Geliefdes, dit is nie 'n nuwe gebod waaroor ek aan julle skryf nie, maar 'n ou gebod, wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle gehoor het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Liewe vriende, ek gee nie vir julle 'n nuwe wet nie. Dit is 'n ou wet wat julle van die begin af het, 'n wet wat ons by Jesus gehoor het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My geliefde vriende, dit is nie ’n klomp nuwe dinge wat ek nou skielik van julle vra nie. Dit gaan oor die ou, bekende dinge wat God van sy kinders verwag. Vandat julle die boodskap gehoor en Christene geword het, ken julle dit mos al.