1 John 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek skryf weer 'n nuwe gebod aan julle wat waar is in Hom en in julle, omdat die duisternis verby is en die ware lig nou skyn.
Afrikaans (NLV) 2011
Tog is dit ook ’n nuwe opdrag wat ek aan julle gee. Hierdie opdrag is betroubaar en van toepassing op julle verhouding tot Christus en tot mekaar. Die duisternis is immers aan die verbygaan en die lig wat die waarheid bring, skyn alreeds.
Afrikaans 1933/1953
En tog skryf ek aan julle 'n nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle, want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds.
Afrikaans 1983
Tog is dit ook 'n nuwe gebod wat ek aan julle voorskrywe. Dat dit werklik so is, is te sien in Jesus en ook in julle, want die duisternis is aan die verbygaan, en die ware lig skyn alreeds.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Tog is dit 'n nuwe gebod wat ek aan julle voorskryf, wat in Hom en in julle 'n werklikheid is, omdat die duisternis besig is om verby te gaan, en die ware lig reeds skyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar 'n mens kan ook sê dit is 'n nuwe wet wat ek vir julle gee, want wat Jesus gedoen het en wat julle doen, maak die wet nuut en waar. Die donker gaan verby en die ware lig skyn nou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar wat ek wel doen, is om julle weer aan die vars en nuwe kant van God se wil te herinner. Die nuutheid en egtheid daarvan sien julle in Jesus, soos ook in julleself, die gelowiges.