1 John 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hieraan bemerk ons die liefde van God, omdat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons het die volmaakte liefde leer ken: dit is dat Christus sy lewe ter wille van ons afgelê het. Só moet ons ook ons lewens prysgee ter wille van ons broers en susters.
Afrikaans 1933/1953
Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.
Afrikaans 1983
Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hieraan ken ons die liefde: dat Hy vir ons sy lewe afgelê het. Ook ons behoort ons lewe vir ons broers af te lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het vir ons gewys wat liefde is, want Hy het gesterf sodat ons kan lewe. En so moet ons ook sterf sodat die ander gelowiges kan lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wil julle weet wat liefde is? Ons het ’n goeie voorbeeld daarvan: Jesus Christus het Homself gegee om tot ons voordeel doodgemaak te word. Ons behoort presies dieselfde te doen. Ons moet bereid wees om ons lewe tot die voordeel van ons medegelowiges te gee.