1 John 3:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy wat sy gebooie bewaar, bly in hom, en hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly deur die Gees wat Hy ons gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011
Wie sy opdragte gehoorsaam, leef in ’n hegte verhouding met God en Hy op sy beurt met daardie persoon. Hieraan weet ons dat Hy in ’n hegte verhouding met ons leef: aan die Gees wat Hy aan ons gegee het.
Afrikaans 1933/1953
En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.
Afrikaans 1983
Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En wie sy gebooie onderhou, bly in Hom, en Hy in hulle. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: deur die Gees wat Hy aan ons gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As ons doen wat God sê, dan bly ons by Hom en Hy bly by ons. En ons weet dat Hy by ons bly, want Hy het vir ons die Heilige Gees gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wie God se wil so doen, is werklik deel van die intieme familiekring van God. Sy belange raak totaal met die belange van God vervleg. God is vir hom die allerbelangrikste en hy is net so belangrik vir God. Dat God ons werklik so deel van sy intieme familiekring gemaak het, kan ons daarin sien dat Hy aan ons die Heilige Gees gegee het.