1 John 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Elkeen wat sonde doen, oortree ook die wet, want sonde is die oortreding van die wet.
Afrikaans (NLV) 2011
Elkeen wat aanhou sonde doen, doen ook wat teen die wet is, want sonde is wetteloosheid.
Afrikaans 1933/1953
Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.
Afrikaans 1983
Elkeen wat sonde doen, oortree die wet van God. Sonde is immers oortreding van die wet van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elkeen wat sonde doen, beoefen ook wetteloosheid, want sonde is wetteloosheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Almal wat sonde doen, doen nie wat God se wette sê nie, want wanneer iemand nie doen wat God se wette sê nie, dan doen hy sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sonde en ongehoorsaamheid aan die wil van God is presies dieselfde ding. Om sonde te doen beteken dus om God se reëls te oortree. In Jesus is daar egter geen teken van sonde nie. Ons weet dat Hy die sonde nie kan verdra nie.