1 Kings 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het Natan met Batseba, die moeder van Salomo, gespreek en gesê: Het jy nie gehoor dat Adónia, die seun van Haggit, koning word en ons heer Dawid dit nie weet nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Natan gaan toe na Salomo se ma Batseba toe en vra haar: “Het jy geweet Gaggit se seun Adonia het homself tot koning uitgeroep sonder dat ons heer Dawid dit weet?
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Natan vir B tseba, die moeder van Salomo: Het u nie gehoor dat Adonia, die seun van Haggit, koning geword het sonder dat ons heer Dawid dit weet nie?
Afrikaans 1983
Natan sê toe vir Batseba, Salomo se moeder: “Het jy gehoor Adonia seun van Gaggit het koning geword, en koning Dawid weet daar niks van nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Natan sê toe vir Batseba, Salomo se moeder: “Het u nie gehoor dat Adonia, seun van Gaggit, koning geword het, terwyl ons heer Dawid nie daarvan weet nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Natan het vir Salomo se ma Batseba gaan sê: “Het jy gehoor dat Adonia seun van Gaggit koning geword het? En ons meneer Dawid weet dit nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Natan was baie ontsteld hieroor en het na Batseba, Salomo se ma, gegaan en haar gevra: “Het u gehoor dat Adonia die seun van Gaggit homself koning gemaak het?