1 Kings 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gaan heen en gaan by koning Dawid in en sê vir hom: Het u nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê: Waarlik, u seun Salomo sal ná my regeer, en hy sal op my troon sit nie? waarom regeer Adonia dan?
Afrikaans (NLV) 2011
Gaan dadelik na koning Dawid toe en sê vir hom: ‘My heer, het u dan nie vir my met ’n eed belowe dat my seun Salomo ná u koning sal wees en op u troon sal sit nie? Hoekom het Adonia dan nou koning geword?’
Afrikaans 1933/1953
Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het u nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word nmy, en hy sal op my troon sit? Waarom het Adonia dan koning geword?
Afrikaans 1983
Gaan na koning Dawid toe en sê vir hom: ‘U Majesteit, u het mos vir my met 'n eed beloof my seun Salomo sal na u koning word en dit is hy wat op u troon sal sit. Hoe is dit dan dat Adonia nou koning geword het?’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gaan in na koning Dawid en sê vir hom, ‘Het u, my heer die koning, nie self 'n eed afgelê vir u dienares nie, met die woorde: “Salomo, jou seun, sal beslis ná my koning word. Dit is hy wat op my troon sal sit.” Waarom het Adonia dan koning geword?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet na koning Dawid toe gaan en vir hom sê: ‘Meneer die koning, jy het vir my belowe, en die Here was die getuie, dat my seun Salomo koning sal word ná jou en dat hý op jou troon sal sit. Hoekom het Adonia nou koning geword?’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
moet u onmiddellik na die koning toe gaan en vir hom vra: ‘U Majesteit, het u my nie lank gelede al beloof dat my seun Salomo na u koning sal word nie? As dit so is, waarom het Adonia dan vandag koning geword?”’