1 Kings 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Batseba het by die koning in die kamer ingegaan, en die koning was baie oud; en Abisag, die Sunamitiese, het die koning bedien.
Afrikaans (NLV) 2011
Batseba het toe in die koning se slaapkamer ingegaan. Hy was teen hierdie tyd reeds baie oud. Abisag, die Sunemmitiese meisie, het hom versorg.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het B tseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Ab¡sag, die Sunamitiese, die koning bedien.
Afrikaans 1983
Toe het Batseba by die koning in sy kamer ingegaan. Die koning was baie oud, en Abisag die Sunemmitiese meisie was besig om die koning te versorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Batseba gaan toe in na die koning in die kamer. Die koning was baie oud, en Abisag, uit Sunem, het die koning bygestaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Batseba het by die koning in sy kamer gekom. Die koning was baie oud. Abisag van Sunem het vir die koning gesorg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Batseba is toe na die koning se kamer toe. Hy was baie oud en Abisag, die vrou uit Sunem, het hom verpleeg.